Thursday, November 6, 2008


Meer oor Annecke Redelinghuys ….inderdaad ’n seldsame talent



In die lig van jou blootstelling aan en van nuwe talent, sou ek myself nooit vergewe as jy nie meer weet van Annecke nie – na my mening is daar bitter min kunstenaars ( veral vroue) wat hul eie musiek skryf en uitvoer. Haar melodieë draai in ‘n mens se kop, en die lirieke is duidelik anders as wat algemeen die tendens is, veral in die Afrikaanse musiek milieu. Sy omskep die alledaagse in iets besonders en sommige van die beelde en emosies wat sy optower is so aangrypend dat mense vir wie ek haar demo CD speel dikwels so geroer raak dat hulle skoon hartseer word….dit wys my dat ek nie subjektief na die musiek luister nie en ek hoop jy kan ook in die vreugde van hierdie seldsame talent deel. Gemeet aan die talent van ander Afrikaanse vroue kunstenaars en jou ondervinding in die bedryf, dink ek beslis dat sy ook deur jou as uniek ervaar sal word.

Hiermee dan ‘n beskrywing van die musiek wat sy skep in ‘n “write-up” wat miskien nie formeel en tegnies is nie, maar beslis vir jou ‘n gevoel van haar musiek sal gee, alhoewel jy die intensiteit net kan beleef as jy dit self hoor.

Meer oor Annecke Redelinghuys ….inderdaad ’n seldsame talent

Met haar passie vir die Afrikaanse taal as medium om emosie en kleurryke beelde oor te dra, laat Annecke Redelinghuys jou hoendervleis kry met haar besondere inslag en kombinasie van melodie en liriek wat jou heel anders na die alledaagse laat kyk. Haar musiek wat sy self skryf en opvoer spreek reg tot jou siel, en haar meesleurende stem weef ‘n tappeserie van beeld, kleur, geur en droom in stories wat jou ‘n leeftyd sal bybly.
Haar eerste CD is getiteld “Dejavu”.

Sy neem jou op reis deur die woestynwêreld van Namibië sodat jy die beelde voor jou sien afspeel en die dor wind teen jou voel aanwaai; jy ervaar die verlies van ‘n verhouding waar die gees van die geliefde lankal reeds die huis verlaat het, jy voel hoe sy oë jou miskyk en net sy lyf nog skadu’s teen die mure gooi; jy lag saam met die ironiese en humoristiese sinnebeeld van ‘n swart kat as metafoor van jou gewete; sien die jeug in die gisters van ‘n geliefde ouma wat voor jou oud word; beleef die hartstog van ‘n liefde wat soos water tussen jou vingers uitsyfer al klou jy dit hoe styf vas; kry hoop in die belewenis van ‘n kind se ontdekkingswêreld en sien beelde en stories van mense voor jou afspeel in ‘n huis wat lank reeds verlate en verweer bly staan het.…..

As jy wil beleef en leef in plaas van net wees, luister en voel jy hierdie musiek wat jou heel anders oor Afrikaanse musiek sal laat dink – moeilik om te glo dat hierdie dinamiese vrou wat ‘n spesialis konsultant by die land se mees toonaangewende mediese versekeraar is, ook tyd vind in haar besige skedule om haar talent uit te leef. Haar besondere talent word aangevul deur ‘n sterk intellektuele agtergrond, ‘n unieke en verbeeldingryke inslag en ‘n sofistikasie wat inherent deel van haar intuïtiewe menswees is. ‘n Intense belewing van die lewe en wel beresenheid wat die top van Kilamanjaro, ‘n pelgrimstog na Tibet, ‘n nag alleen onder die sterre in ‘n Egiptiese woestyn en selfs die sonopkoms op berg Sinaï insluit vertel jou meer van hierdie merkwaardige Afrikaanse kunstenaar.

Haar mees bekende liedjie “Dwergieman” is deur Matthys uitgevoer en “Lyf” (wat deur Matthys Roets opgeneem is), asook ‘n verstommende repertoire van onvergeetlike liedjies deur haar geskryf wat jou nie onaangeraak sal laat nie, en jou inderdaad ‘n leeftyd sal bybly.

Annecke het onlangs ook ‘n produksie geskryf, getiteld “Kaalvoetreis” waartydens sy jou neem op ‘n reis deur die delicate siel van die vrou. Sy het al die musiek self geskryf en kombineer die musiekreis gedigte en voorlesing.

Vir meer inligting t.o.v. die bespreking van opvoerings en konserte, skakel gerus die volgende nommer: 0829090994
Ek het baie jare gelede begin skryf – en my eerste liedjie wat nie in die asblik beland het nie, was DWERGIEMAN – soos tans gesing deur Mathys Roets. Die tweede lied waaraan ek my hand gewaag het was “LYF”, ook gesing deur Mathys Roets. Daarna het ek so met die tyd genoeg liedjies geskryf om ‘n cd te kan saamstel en Mel Botes en Andrew Roos was so gaaf om my hiermee by te staan. Richard van der Westhuizen sing ook saam met my ‘n lied op die CD. Al die musiek op die CD is oorspronlik -
Ek het ook my hand gewaag aan so 2 engelse liedjies, maar die uitdaging vir my bly maar om Afrikaans te skryf, aangesien ek dit baie MOEILIKER vind om sinvolle lirieke in Afrikaans te skryf. Akrikaans is ‘n ontsettende ryk en warm taal, maar kan ongelukkig (na my beskeie mening) en as jy nie versigtig is nie, vreeslik gou “plat” klink sodra jy musiek by die lirieke uitbring. Die uitdaging vir my bly om diepsinnige sielsmusiek te skryf, sonder dat dit die luisteraar in ‘n depressie dompel. Ek besef dat die aanvraag of behoefte aan hierdie tipe musiek baie meer beperk is as die behoefte aan “Doef-doef” musiek, maar ek het ‘n doelbewuste besluit geneem om nie my musiek ter wille hiervan oormatig te komersialiseer nie. Ek weet my plekkie in die bedryf is klein en sal heel moontlik altyd klein bly en ek sal altyd moet stoei vir ‘n bietjie rakspasie agv die aard van my musiek, maar dit is die realiteit. Daar moet iets uniek aan my musiek bly.
aredelinghuys@momentum.co.za
082 - 9090994

TWEE SEISOENE

As die blare val
En die herfs in eenvoud naak
voor my kom staan in bruin en geel
groei die koue in ‘n warrelwind se waai

As die jare tel
En die tyd in eenvoud naak
Voor my kom staan in oud en grys
Groei ‘n leeftyd in ‘n oomblik my verby..

En kreukel my lyf
In plooitjies van moeg
En ek bedel krag
Vir die siel in my hand

Gister was so naby
En eendag so ver
Gister was so naby
En eendag so ver
Nou is gister
Skielilk ver
En eendag hier by my...

As my son vergaan
En in donker eenvoud naak voor my kom staan
In wintersjas
Groei my winter in my stadig skuifel pas…


As ek wil verstaan
Maar die woord in eenvoud naak voor my versteen
in sukkel-taal
groei die wete dat ek gister kan vergeet


En kreukel my siel
in plooitjies van bang
en ek bedel krag
Vir die siel in my hand

Gister was so naby
En eendag so ver
Gister was so naby
En eendag so ver
Nou is gister
Skielilk ver
En eendag hier by my...
DWERGIEMAN

Die donker leun teen my venster
En sy asem mors die ruite nat
En ek droom
Dat die reenboog mors in my skoot
En ‘n Dwergieman se ek sien jou weer
En die maanlig spat oor die gitswart nag
En die donker se ek wil jou he
Om jou toe te vou
In my spierwit sprokie vannaand.

Die hartseer van die donker
sluip stadig teen die ruite af
en ek huil
saam met die Dwergieman
wat reen gaan haal
en teen my venster mors
wat reen gaan haal
en teen my venster mors.

En die reenboog val uit die hemel
En die donker kind se spore verdwyn
En die maanlig drup langs ‘n straatlamp af
En die stil-wees van lewe begin
KINDWEES

Ek kies om ‘n kind te wees
My feeverhale bou ek self
En as ‘n feetjie haar skoentjie verloor
Weet ek waar om dit te vind...

Jou qedagtes het oud geword
Jou drome vol kreukels geplooi
En as ’n feetjie haar skoentjie verloor
Word die waorheid vir jou grys.

Want hier woon Klaasvakie
Met ‘n sak vol vol drome
En kersvader met sy rooi jas
hou ons saggies vas...

Ek kies om ’n kind te wees
Eks veiliq in my feeverhaal
Want hier is ek koninq van ‘n spierwitkasteel
Erens onder drup-qroen-mos...

Jou gedagtes het stil geword
My liedjie het jou drome qeraak
En as n feetjie haar skoentjie verloor
Help jy my om dit te vind

Want hier woon Klaasvakie
Met n sak vol van drome
En kersvader met sy rooi jas
hou ons saggies vas..

Ek kies om ‘n kind te wees
My feeverhale bou ek seIf
En as n feetjie haar skoentjie verloor
Weet ek waar om dit te vind...