Thursday, November 6, 2008

TWEE SEISOENE

As die blare val
En die herfs in eenvoud naak
voor my kom staan in bruin en geel
groei die koue in ‘n warrelwind se waai

As die jare tel
En die tyd in eenvoud naak
Voor my kom staan in oud en grys
Groei ‘n leeftyd in ‘n oomblik my verby..

En kreukel my lyf
In plooitjies van moeg
En ek bedel krag
Vir die siel in my hand

Gister was so naby
En eendag so ver
Gister was so naby
En eendag so ver
Nou is gister
Skielilk ver
En eendag hier by my...

As my son vergaan
En in donker eenvoud naak voor my kom staan
In wintersjas
Groei my winter in my stadig skuifel pas…


As ek wil verstaan
Maar die woord in eenvoud naak voor my versteen
in sukkel-taal
groei die wete dat ek gister kan vergeet


En kreukel my siel
in plooitjies van bang
en ek bedel krag
Vir die siel in my hand

Gister was so naby
En eendag so ver
Gister was so naby
En eendag so ver
Nou is gister
Skielilk ver
En eendag hier by my...

No comments: