Thursday, November 6, 2008


Meer oor Annecke Redelinghuys ….inderdaad ’n seldsame talent



In die lig van jou blootstelling aan en van nuwe talent, sou ek myself nooit vergewe as jy nie meer weet van Annecke nie – na my mening is daar bitter min kunstenaars ( veral vroue) wat hul eie musiek skryf en uitvoer. Haar melodieë draai in ‘n mens se kop, en die lirieke is duidelik anders as wat algemeen die tendens is, veral in die Afrikaanse musiek milieu. Sy omskep die alledaagse in iets besonders en sommige van die beelde en emosies wat sy optower is so aangrypend dat mense vir wie ek haar demo CD speel dikwels so geroer raak dat hulle skoon hartseer word….dit wys my dat ek nie subjektief na die musiek luister nie en ek hoop jy kan ook in die vreugde van hierdie seldsame talent deel. Gemeet aan die talent van ander Afrikaanse vroue kunstenaars en jou ondervinding in die bedryf, dink ek beslis dat sy ook deur jou as uniek ervaar sal word.

Hiermee dan ‘n beskrywing van die musiek wat sy skep in ‘n “write-up” wat miskien nie formeel en tegnies is nie, maar beslis vir jou ‘n gevoel van haar musiek sal gee, alhoewel jy die intensiteit net kan beleef as jy dit self hoor.

Meer oor Annecke Redelinghuys ….inderdaad ’n seldsame talent

Met haar passie vir die Afrikaanse taal as medium om emosie en kleurryke beelde oor te dra, laat Annecke Redelinghuys jou hoendervleis kry met haar besondere inslag en kombinasie van melodie en liriek wat jou heel anders na die alledaagse laat kyk. Haar musiek wat sy self skryf en opvoer spreek reg tot jou siel, en haar meesleurende stem weef ‘n tappeserie van beeld, kleur, geur en droom in stories wat jou ‘n leeftyd sal bybly.
Haar eerste CD is getiteld “Dejavu”.

Sy neem jou op reis deur die woestynwêreld van Namibië sodat jy die beelde voor jou sien afspeel en die dor wind teen jou voel aanwaai; jy ervaar die verlies van ‘n verhouding waar die gees van die geliefde lankal reeds die huis verlaat het, jy voel hoe sy oë jou miskyk en net sy lyf nog skadu’s teen die mure gooi; jy lag saam met die ironiese en humoristiese sinnebeeld van ‘n swart kat as metafoor van jou gewete; sien die jeug in die gisters van ‘n geliefde ouma wat voor jou oud word; beleef die hartstog van ‘n liefde wat soos water tussen jou vingers uitsyfer al klou jy dit hoe styf vas; kry hoop in die belewenis van ‘n kind se ontdekkingswêreld en sien beelde en stories van mense voor jou afspeel in ‘n huis wat lank reeds verlate en verweer bly staan het.…..

As jy wil beleef en leef in plaas van net wees, luister en voel jy hierdie musiek wat jou heel anders oor Afrikaanse musiek sal laat dink – moeilik om te glo dat hierdie dinamiese vrou wat ‘n spesialis konsultant by die land se mees toonaangewende mediese versekeraar is, ook tyd vind in haar besige skedule om haar talent uit te leef. Haar besondere talent word aangevul deur ‘n sterk intellektuele agtergrond, ‘n unieke en verbeeldingryke inslag en ‘n sofistikasie wat inherent deel van haar intuïtiewe menswees is. ‘n Intense belewing van die lewe en wel beresenheid wat die top van Kilamanjaro, ‘n pelgrimstog na Tibet, ‘n nag alleen onder die sterre in ‘n Egiptiese woestyn en selfs die sonopkoms op berg Sinaï insluit vertel jou meer van hierdie merkwaardige Afrikaanse kunstenaar.

Haar mees bekende liedjie “Dwergieman” is deur Matthys uitgevoer en “Lyf” (wat deur Matthys Roets opgeneem is), asook ‘n verstommende repertoire van onvergeetlike liedjies deur haar geskryf wat jou nie onaangeraak sal laat nie, en jou inderdaad ‘n leeftyd sal bybly.

Annecke het onlangs ook ‘n produksie geskryf, getiteld “Kaalvoetreis” waartydens sy jou neem op ‘n reis deur die delicate siel van die vrou. Sy het al die musiek self geskryf en kombineer die musiekreis gedigte en voorlesing.

Vir meer inligting t.o.v. die bespreking van opvoerings en konserte, skakel gerus die volgende nommer: 0829090994
Ek het baie jare gelede begin skryf – en my eerste liedjie wat nie in die asblik beland het nie, was DWERGIEMAN – soos tans gesing deur Mathys Roets. Die tweede lied waaraan ek my hand gewaag het was “LYF”, ook gesing deur Mathys Roets. Daarna het ek so met die tyd genoeg liedjies geskryf om ‘n cd te kan saamstel en Mel Botes en Andrew Roos was so gaaf om my hiermee by te staan. Richard van der Westhuizen sing ook saam met my ‘n lied op die CD. Al die musiek op die CD is oorspronlik -
Ek het ook my hand gewaag aan so 2 engelse liedjies, maar die uitdaging vir my bly maar om Afrikaans te skryf, aangesien ek dit baie MOEILIKER vind om sinvolle lirieke in Afrikaans te skryf. Akrikaans is ‘n ontsettende ryk en warm taal, maar kan ongelukkig (na my beskeie mening) en as jy nie versigtig is nie, vreeslik gou “plat” klink sodra jy musiek by die lirieke uitbring. Die uitdaging vir my bly om diepsinnige sielsmusiek te skryf, sonder dat dit die luisteraar in ‘n depressie dompel. Ek besef dat die aanvraag of behoefte aan hierdie tipe musiek baie meer beperk is as die behoefte aan “Doef-doef” musiek, maar ek het ‘n doelbewuste besluit geneem om nie my musiek ter wille hiervan oormatig te komersialiseer nie. Ek weet my plekkie in die bedryf is klein en sal heel moontlik altyd klein bly en ek sal altyd moet stoei vir ‘n bietjie rakspasie agv die aard van my musiek, maar dit is die realiteit. Daar moet iets uniek aan my musiek bly.
aredelinghuys@momentum.co.za
082 - 9090994

TWEE SEISOENE

As die blare val
En die herfs in eenvoud naak
voor my kom staan in bruin en geel
groei die koue in ‘n warrelwind se waai

As die jare tel
En die tyd in eenvoud naak
Voor my kom staan in oud en grys
Groei ‘n leeftyd in ‘n oomblik my verby..

En kreukel my lyf
In plooitjies van moeg
En ek bedel krag
Vir die siel in my hand

Gister was so naby
En eendag so ver
Gister was so naby
En eendag so ver
Nou is gister
Skielilk ver
En eendag hier by my...

As my son vergaan
En in donker eenvoud naak voor my kom staan
In wintersjas
Groei my winter in my stadig skuifel pas…


As ek wil verstaan
Maar die woord in eenvoud naak voor my versteen
in sukkel-taal
groei die wete dat ek gister kan vergeet


En kreukel my siel
in plooitjies van bang
en ek bedel krag
Vir die siel in my hand

Gister was so naby
En eendag so ver
Gister was so naby
En eendag so ver
Nou is gister
Skielilk ver
En eendag hier by my...
DWERGIEMAN

Die donker leun teen my venster
En sy asem mors die ruite nat
En ek droom
Dat die reenboog mors in my skoot
En ‘n Dwergieman se ek sien jou weer
En die maanlig spat oor die gitswart nag
En die donker se ek wil jou he
Om jou toe te vou
In my spierwit sprokie vannaand.

Die hartseer van die donker
sluip stadig teen die ruite af
en ek huil
saam met die Dwergieman
wat reen gaan haal
en teen my venster mors
wat reen gaan haal
en teen my venster mors.

En die reenboog val uit die hemel
En die donker kind se spore verdwyn
En die maanlig drup langs ‘n straatlamp af
En die stil-wees van lewe begin
KINDWEES

Ek kies om ‘n kind te wees
My feeverhale bou ek self
En as ‘n feetjie haar skoentjie verloor
Weet ek waar om dit te vind...

Jou qedagtes het oud geword
Jou drome vol kreukels geplooi
En as ’n feetjie haar skoentjie verloor
Word die waorheid vir jou grys.

Want hier woon Klaasvakie
Met ‘n sak vol vol drome
En kersvader met sy rooi jas
hou ons saggies vas...

Ek kies om ’n kind te wees
Eks veiliq in my feeverhaal
Want hier is ek koninq van ‘n spierwitkasteel
Erens onder drup-qroen-mos...

Jou gedagtes het stil geword
My liedjie het jou drome qeraak
En as n feetjie haar skoentjie verloor
Help jy my om dit te vind

Want hier woon Klaasvakie
Met n sak vol van drome
En kersvader met sy rooi jas
hou ons saggies vas..

Ek kies om ‘n kind te wees
My feeverhale bou ek seIf
En as n feetjie haar skoentjie verloor
Weet ek waar om dit te vind...
SWART KAT

In verlate stede se verlate strate
Sluip ‘n heks se swart kat rond
So lui die legende - een-ooq en ‘n mank poot
Draai sy swart stert om jou lyf..
Agter slot en grendel kruip die mense weg
Toe gordyn en venster laat hul veilig voel
Maar niemand weet die kat
Kan deur die mure sien..

In verlate hoekies van verlate stegies
sluip ‘n Heks se swart kat rond
Hy toor jou met sy een-oog –
roep jou met sy mank-poot
draai sy swart stert om jou lyf...
Dis maar iets waarvan ’n vreemdeling min verstaan
Die kat se oral saamstap laat hom veilig voel
Maar niemand weet die kat
Kan deur die mense sien..

In verlate harte van verweerde menswees
Sluip ‘n Heks se swart kat rond
Sy naam is jou gewete - om-en-om teenwoordiq
draai sy swart stert om jou hart...
Agter valse maskers kruip die mense weg
Toegeknoopte siele laat hul veilig voel
Maar niemand weet die kat
sit binne in jou hart..

Dis elke nag se storie

Ewig sonder einde
So sluip die heks se swart kat rond…
Namibie

In die son se rooi geel lyf
Le die storie van ons reis
Langs paaie sonder horison
Oor duine sand en godverlatenheid
En waai die wind
Ons teen mekaar
rug teen rug
Tot ons mekaar verstaan

En woordeloos kom se
die hart van bar woestyn
Kom rus hier teen my bors - my kind
En wys ek jou flamink
Op een been waar hy staan
En wilde perde onqetem.

Dis hier waar ek en jy
Ons gisters agter los
En more weer van voor begin (2 keer)

In die maan se halwe lyf
Le die storie van ons reis
En speel ons langs die donker see
Oor duine sand en qodsteenwoordigheid
En breek die branders
Weer en weer
en laat ons deur
die skadu’s aanhou staar.


En woordeloos kom se
die hart van bar woestyn
kom rus hier teen my bors my kind
dan wys ek jou die eenvoud
van robbe onqeteld
En seemeeu wat vir lewe aas..

Dis hier waar ek en jy
ons gisters aqter los
En more weer van voor begin (2 keer)

In die weerloos van jou hart
Le die waaroms van jou reis
en word jy deel van die stilte hier
Van duine sand en godstevredenheid
En word jy wind
En branderkind
En kniel die vrae
van waarheen voor jou neer..

en woordeloos kom se
die hart van bar woestyn
kom rus hier teen my bors - my kind
en wys ek jou die more’s
en gisters soos dit was
en waarom twyfel in jou rus..

Dis hier waar ek en jy
ons gisters agter los
En more weer van voor begin (2 keer)
HONDJIENEUS...
Hondjieneus snuffel ek jou uit
ek raak aan jou reuk
Wat hang in die kamers en die gang
Hondjieneus snuffel ek jou uit
In die “sideboard” se skewe laai.

Want dis hier waar ek jou sien
in ou foto’s wat verkleur
Dis hier waar ek jou hoor
in die staanklok by die deur
dis hier waar ek jou voel
in die lakens teen my lyf
dis hier waar ek jou proe
In die geure wat hier dryf...
Al is jy baie baie ver…

Hondjieneus, snuffel ek jou uit
Ek raak aan jou gees
Wat hang in die kamers en die gang
Hondjieneus snuffel ek jou uit
in die hangkas se oop-deur staan...

(KOOR)
Hondjieneus, snuffel ek jou uit
Ek raak aan jou vlees
Wat staan in die kamers en die gang
Hondjieneus snuffel ek jou uit
in die voordeur se sleutel draai...

(KOOR)
VUUR

Dis maar net nog ‘n siel in die vuur.
Die tyd het fyn spoortjies getrap
in die nou se groefies langs jou oe
en ‘n peins trek jou oe skrefie-plat
en jou blik versink in die passie van die vlam...
Ja, jou oe dompel jou siel in die kole
en jy gooi nog ‘n paar gedagtes op die vuur..

Jy, Vuur, begogel ‘n gees
Ek bou in jou ‘n beeld verhaal
Von Bacchus wat bedien die wat bedel
En saam met die wyngod klink my glas
En saam met die wyn vloei my siel deur my vingers
As my gedagtes steeds gelouter
In die kole le en krul...

Al wat oorbly
Vir ons heildronk
Is dit wat drup op die grond
Want saam met die wyngod klink my glas
En saam met die wyn vloei my siel deur my vingers
As my gedagtes steeds gelouter
In die kole le en krul...

Vuur, in my vermensliking van jou
Het jou asembenemendheid my ontwyk
En die assegaai in my hand
Vuur - het in my hart beland
Want saam met die wyngod klink my glas

En saam met die wyn vloei my siel deur my vingers
En die assegaai in my hand
Vuur - het in my hart beland...
SILHOETTE

In ‘n donker woud, in ‘n bos se hart
Staan ‘n huisie leeg waar net silhoette leef.
As die donker kom, aan die voordeur deur klop
En die wind kom pluk aan die hortjies sonder glas
Dan hoor ek stemme praat oor ou vergange dae
En elke silhoet word stuk-stuk weer n mens
En teen die mure sien ek spinnerakke hang
vol gevangenes van elke aand...

Die geraamte van- ‘n ou klavier
staan vol note daar net soos ou-mens-vingers krom
As die lagies stof op sy lyf kom le
En die wind se waai gee weer lewe aan ivoor
Ek hoor ‘n klankkonsert van ou vergange dae
En elke ou akkoord word stuk-stuk simfonie
En teen die mure dans die silhoette saam
Vry gevangenes van elke aand..


In n donker woud ,in ‘n bos se hart
Staan n huisie leeg waar net silhoette leef
As die oggendlug aan die voordeur klop
En die wind kom rus teen die hortjies sonder glas
Dan word die stemme stil oor ou vergange dae
En elke silhoet val stuk-stuk uitmekaar
En teen die mure sien ek spinnerakke hang
Vol gevangenes van elke aand
En teen die mure sien ek spinnerakke hang
Vol gevangenes van gister aand..
SAL JY VIR MY...

Sal jy vir my die wind kan vang
En ‘n druppel van sy asem vir my gee
Sal jy die somer om my dan hang
En die warm van sy vingers om my vou
Sal jy die see se branders keer
En die skadus van my spore op kan tel
Sal jy met vlam vir my kan bou
‘n vuur vol verhale wat nog gloei

Want so verloen die lig die donker
En deel ons in silhoet
Want so verander vals in waarheid
as jy langs my kniel...

Sal jy vir my van drome leer
En hoe wysheid om sy slape grys kan word
Sal jy my more nog onthou
As die tyd met sy oud-word my kom haal..
Sal jy jou by-my-wees verbeeld
In die tydloos van herinnering wat verkleur
Sal jy vir my ‘n reenboog buig
En die goud-pot aan sy voete vir my bring..

(KOOR)

Sal jy vir my ‘nr hartklop word
en die bron van my bly-wees
Nog een keer..
(KOOR)
PLATVOET-GESPREK


Die oggendlug verf skuins strepe
oor ons platvoet naggesprek
Die belofte van n beter dag as nag
kom klou om my enkels soos die warm van
winterspantoffels

En my kwaad-wees vir jou word ontpit
deur die sonlig-sambok
Ja my kwaad-wees vir jou word ontpit
deur die sonlig-sambok...

Want as die ribbels op die water
Ons selfloos agterlaat
En die tyd vergeet van vergiffenis
Sal die seisoene binne ons ophou draai
En die rafels van ons winterskombers
Sal aanhou en aanhou met pluis...
LASLAPLIEFDE


Jy is die laaste donker voor die son
In jou draai die somer soos n kind alom
Jy gooi die kleure van die reenboog saam
In jou le die helder van n donker maan
Jy laat die asem van die wind verdwaal
dis jy wat die koue uit die winter kom haal..

Want dis jy wat glo in ou verhale
vol geheime en soms sonder grense
dis jy wat in my glo
Jy kom haal die een uit eensaamheid
vol verstaan kom weef jy stitweg aan ons twee.

Jy kan my dooie drome stil bewaar
dis jy wat my laslapliefde so aanvaar
Jy ken die woorde van my stilbly-taal
en jy leen vergifnis vir my duisend maal
Jy kan nog gister in my oud-word sien
dis net jy wat die wreedheid van die tyd kan
dien...

Want dis jy wat glo in ou verhale
vol geheime en soms sonder grense
dis jy wat in my glo
Jy kom haal die een uit eensaamheid
vol verstaan kom weef jy stitweg aan ons twee.
STILTE

Dis die stilte binne ons
wat die stilte buite ons
met kreupel eenvoud gom
aan die diep verstaan van onsself...

Dis die stilte tussen ons
Wat die stilte weg van ons
Met blinde vryheid heg
Aan die diep verstaan van mekaar...

Want dis ek en jy
Wat die bedelaar verstaan
As die koue kom
En die tyd vergeet om te rus
Dis die boemelaar in jou
En die boemelaar in my
Wat kom bedel by
En die tyd kom vra om te rus,.

Dis my wil om jou te he
opgekrul by jou te le
Soos n ongebore kind
En ek weet eks veilig hier by jou

Dis jou wil om my te he
Wat die stilte stemloos se
as my asem om jou draai
en ek weet dis jy wat my verstaan...


Want dis ek en jy
Wat die bedelaar verstaan
As die koue kom
En die tyd vergeet om te rus
Dis die boemelaar in jou
En die boemelaar in my
Wat kom bedel by
En die tyd kom vra om te rus,.
LYF

Dis net jou lyf
Wat verby my dwaal
Want jy is lank nie meer hier nie
Jy straf my met jou stilte
jou oe kyk my mis.

Dis net jou lyf
wat hier langs my le
net jou skadus wat leef teen die mure
Ons bid nie meer vir genade
ons gebede het verroes...


Maar as ek kon kies
Sou ek die son se sak wou stop
En die tyd laat struikel
oor sy strale rond en bont
Maar as ek kon kies
Sou ek die maan se krimp wou keer
En die donker verbied
Om hom stuk-stuk in te sluk...

Dis net jou lyf
Met jou rug gedraai
Op my en my bakhand beloftes
Jou voetstap verdrink in jou wegstap
En die ys en die vuur kwyn weg..


Dis net jou lyf
Wat my taal verstaan
As my woorde kom kniel vir vergifnis
Ons deel in ‘n sluier van drome
Wat leer leef as jy aan my raak..

Maar as ek kon kies
Sou ek die son se sak wou stop
En die tyd laat struikel
oor sy strale rond en bont
Maar as ek kon kies
Sou ek die maan se krimp wou keer
En die donker verbied
Om hom stuk-stuk in te sluk...

Dis net jou lyf
Wat die koue keer
En die rym en die rede vergewe
Ons vendwaal op talle los paaie
En leer om te kan vergeet...
SPORE

Jou spore le my wereld vol
En oral oor sien ek jou raak
Ek bou jou beeld
Tot jy leef in die kers-lig-dans
Van heen-en-weer
En weer ‘n keer
tot jy in vlam hier voor my kom staan

Want my wereld draai en draai in die rondte om
My wereld draal en draai om jou alom
Ja my wereld draai en draail in die rondte om
My wereld draai en draai om jou alom

Jou woorde le my wereld vol
En oral oor hoor ek jou praat
Ek breek jou beeld tot jy sterf in die kerslig-dans
van heen-en-weer
En weer’n keer
tot jy in vlam hier voor my kom kwyn...

Want my wereld draai en draai in die rondte om
My wereld draal en draai om jou alom
Ja my wereld draai en draail in die rondte om
My wereld draai en draai om jou alom..
Stofpad langs die Maan

As jy dan weg is
hoekom hoor ek nog jou stem om my rond?
Hoekom sien ek jou staan
in die stofpad langs die maan?

Want jy’s die skadu
op ‘n wiegstoel in ‘n hoekie van my hart
my Icarus -met woorde van was
gegiet in onthou - wat smelt sonder jou…

Ek wens jy kon
vir altyd by my bly,
my halwe vlerke weef
en my laat sweef – tot naby jou…
Ek wens ek kon
nog een keer aan jou raak –
nog een belofte maak,
‘n woordelose stilte stom versaak…

Dis net jou spieelbeeld
Wat in eenvoud groei
Tot vol simfonie
Dis net note in naam
Wat net ons twee verstaan


Want jy’s die skadu
op ‘n wiegstoel in ‘n hoekie van my hart
my Icarus -met woorde van was
gegiet in onthou - wat smelt sonder jou…

Ek wens jy kon
vir altyd by my bly
my leer hoe word mens vry
jou naam in seesand skryf
my daarmee doop…
Ek wens ek kon
vir oulaas aan jou raak
die hemel oop laat kraak
en weer kon sien hoe lyk
jy sonder kwaad.

As jy dan weg is
hoekom hoor ek nog jou stem om my rond?
Hoekom sien ek jou staan
in die stofpad langs die maan?

Ek wens ons kon –
Vir altyd drome leef
Verborge skuld vergeef
En deel in ewig-wees…
Annecke Redelinghuys
Collage

Iewers het ek jou verloor vannaand -
iewers dwaal jy rond…
Maar ek skilder jou so prentjiemooi
jy’s amper rerig hier
en ek trek jou teen my vas
met kleur en kwas

En ek word die lig rondom jou gesig
En ek spat die horison om jou om
In jou hande lê ek ‘n stom gebed
In jou staan weerkaats my skaduwee saam..

Iewers kon ek jou gaan haal vannaand –
Iewers in pallette…
Ek kleur jou oë in groen en vee die
skadulyne uit
maar ek los die plooitjies
om jou mond vir lag

En ek is die lig rondom jou gesig
En ek hang die horison om jou om
In jou hande lê daar ‘n krom gebed
In jou staan verdraai my skaduwee saam..

Iewers het ek en jy ons kon word
Iewers in collage
Ek’t een kon word met jou
al was dit net hier op papier
Ek’t jou vas kon verf
Hier teen my hart se muur…

En ons leef die lig rondom jou gesig
En ons draai die horison om ons om
In ons hande lê daar ‘n stil amen
In ons staan verweef ons skaduwees saam..
Annecke Redelinghuys