Thursday, November 6, 2008

SILHOETTE

In ‘n donker woud, in ‘n bos se hart
Staan ‘n huisie leeg waar net silhoette leef.
As die donker kom, aan die voordeur deur klop
En die wind kom pluk aan die hortjies sonder glas
Dan hoor ek stemme praat oor ou vergange dae
En elke silhoet word stuk-stuk weer n mens
En teen die mure sien ek spinnerakke hang
vol gevangenes van elke aand...

Die geraamte van- ‘n ou klavier
staan vol note daar net soos ou-mens-vingers krom
As die lagies stof op sy lyf kom le
En die wind se waai gee weer lewe aan ivoor
Ek hoor ‘n klankkonsert van ou vergange dae
En elke ou akkoord word stuk-stuk simfonie
En teen die mure dans die silhoette saam
Vry gevangenes van elke aand..


In n donker woud ,in ‘n bos se hart
Staan n huisie leeg waar net silhoette leef
As die oggendlug aan die voordeur klop
En die wind kom rus teen die hortjies sonder glas
Dan word die stemme stil oor ou vergange dae
En elke silhoet val stuk-stuk uitmekaar
En teen die mure sien ek spinnerakke hang
Vol gevangenes van elke aand
En teen die mure sien ek spinnerakke hang
Vol gevangenes van gister aand..

No comments: