Thursday, November 6, 2008

PLATVOET-GESPREK


Die oggendlug verf skuins strepe
oor ons platvoet naggesprek
Die belofte van n beter dag as nag
kom klou om my enkels soos die warm van
winterspantoffels

En my kwaad-wees vir jou word ontpit
deur die sonlig-sambok
Ja my kwaad-wees vir jou word ontpit
deur die sonlig-sambok...

Want as die ribbels op die water
Ons selfloos agterlaat
En die tyd vergeet van vergiffenis
Sal die seisoene binne ons ophou draai
En die rafels van ons winterskombers
Sal aanhou en aanhou met pluis...

No comments: