Thursday, November 6, 2008

Ek het baie jare gelede begin skryf – en my eerste liedjie wat nie in die asblik beland het nie, was DWERGIEMAN – soos tans gesing deur Mathys Roets. Die tweede lied waaraan ek my hand gewaag het was “LYF”, ook gesing deur Mathys Roets. Daarna het ek so met die tyd genoeg liedjies geskryf om ‘n cd te kan saamstel en Mel Botes en Andrew Roos was so gaaf om my hiermee by te staan. Richard van der Westhuizen sing ook saam met my ‘n lied op die CD. Al die musiek op die CD is oorspronlik -
Ek het ook my hand gewaag aan so 2 engelse liedjies, maar die uitdaging vir my bly maar om Afrikaans te skryf, aangesien ek dit baie MOEILIKER vind om sinvolle lirieke in Afrikaans te skryf. Akrikaans is ‘n ontsettende ryk en warm taal, maar kan ongelukkig (na my beskeie mening) en as jy nie versigtig is nie, vreeslik gou “plat” klink sodra jy musiek by die lirieke uitbring. Die uitdaging vir my bly om diepsinnige sielsmusiek te skryf, sonder dat dit die luisteraar in ‘n depressie dompel. Ek besef dat die aanvraag of behoefte aan hierdie tipe musiek baie meer beperk is as die behoefte aan “Doef-doef” musiek, maar ek het ‘n doelbewuste besluit geneem om nie my musiek ter wille hiervan oormatig te komersialiseer nie. Ek weet my plekkie in die bedryf is klein en sal heel moontlik altyd klein bly en ek sal altyd moet stoei vir ‘n bietjie rakspasie agv die aard van my musiek, maar dit is die realiteit. Daar moet iets uniek aan my musiek bly.
aredelinghuys@momentum.co.za
082 - 9090994

2 comments:

Betsie said...

Annecke, Met so 'n pragtige helder, vol stem sal jy nooit "klein" bly nie. Hou net aan en sing self jou eie liedjies, niemand kan dit so volmaak vertolk soos jyself nie.

Annecke Redelinghuys said...

Baie dankie! Ek waardeer. An