Thursday, November 6, 2008

HONDJIENEUS...
Hondjieneus snuffel ek jou uit
ek raak aan jou reuk
Wat hang in die kamers en die gang
Hondjieneus snuffel ek jou uit
In die “sideboard” se skewe laai.

Want dis hier waar ek jou sien
in ou foto’s wat verkleur
Dis hier waar ek jou hoor
in die staanklok by die deur
dis hier waar ek jou voel
in die lakens teen my lyf
dis hier waar ek jou proe
In die geure wat hier dryf...
Al is jy baie baie ver…

Hondjieneus, snuffel ek jou uit
Ek raak aan jou gees
Wat hang in die kamers en die gang
Hondjieneus snuffel ek jou uit
in die hangkas se oop-deur staan...

(KOOR)
Hondjieneus, snuffel ek jou uit
Ek raak aan jou vlees
Wat staan in die kamers en die gang
Hondjieneus snuffel ek jou uit
in die voordeur se sleutel draai...

(KOOR)

No comments: