Thursday, November 6, 2008

LYF

Dis net jou lyf
Wat verby my dwaal
Want jy is lank nie meer hier nie
Jy straf my met jou stilte
jou oe kyk my mis.

Dis net jou lyf
wat hier langs my le
net jou skadus wat leef teen die mure
Ons bid nie meer vir genade
ons gebede het verroes...


Maar as ek kon kies
Sou ek die son se sak wou stop
En die tyd laat struikel
oor sy strale rond en bont
Maar as ek kon kies
Sou ek die maan se krimp wou keer
En die donker verbied
Om hom stuk-stuk in te sluk...

Dis net jou lyf
Met jou rug gedraai
Op my en my bakhand beloftes
Jou voetstap verdrink in jou wegstap
En die ys en die vuur kwyn weg..


Dis net jou lyf
Wat my taal verstaan
As my woorde kom kniel vir vergifnis
Ons deel in ‘n sluier van drome
Wat leer leef as jy aan my raak..

Maar as ek kon kies
Sou ek die son se sak wou stop
En die tyd laat struikel
oor sy strale rond en bont
Maar as ek kon kies
Sou ek die maan se krimp wou keer
En die donker verbied
Om hom stuk-stuk in te sluk...

Dis net jou lyf
Wat die koue keer
En die rym en die rede vergewe
Ons vendwaal op talle los paaie
En leer om te kan vergeet...

No comments: