Thursday, November 6, 2008

Collage

Iewers het ek jou verloor vannaand -
iewers dwaal jy rond…
Maar ek skilder jou so prentjiemooi
jy’s amper rerig hier
en ek trek jou teen my vas
met kleur en kwas

En ek word die lig rondom jou gesig
En ek spat die horison om jou om
In jou hande lê ek ‘n stom gebed
In jou staan weerkaats my skaduwee saam..

Iewers kon ek jou gaan haal vannaand –
Iewers in pallette…
Ek kleur jou oë in groen en vee die
skadulyne uit
maar ek los die plooitjies
om jou mond vir lag

En ek is die lig rondom jou gesig
En ek hang die horison om jou om
In jou hande lê daar ‘n krom gebed
In jou staan verdraai my skaduwee saam..

Iewers het ek en jy ons kon word
Iewers in collage
Ek’t een kon word met jou
al was dit net hier op papier
Ek’t jou vas kon verf
Hier teen my hart se muur…

En ons leef die lig rondom jou gesig
En ons draai die horison om ons om
In ons hande lê daar ‘n stil amen
In ons staan verweef ons skaduwees saam..
Annecke Redelinghuys

No comments: