Thursday, November 6, 2008

SAL JY VIR MY...

Sal jy vir my die wind kan vang
En ‘n druppel van sy asem vir my gee
Sal jy die somer om my dan hang
En die warm van sy vingers om my vou
Sal jy die see se branders keer
En die skadus van my spore op kan tel
Sal jy met vlam vir my kan bou
‘n vuur vol verhale wat nog gloei

Want so verloen die lig die donker
En deel ons in silhoet
Want so verander vals in waarheid
as jy langs my kniel...

Sal jy vir my van drome leer
En hoe wysheid om sy slape grys kan word
Sal jy my more nog onthou
As die tyd met sy oud-word my kom haal..
Sal jy jou by-my-wees verbeeld
In die tydloos van herinnering wat verkleur
Sal jy vir my ‘n reenboog buig
En die goud-pot aan sy voete vir my bring..

(KOOR)

Sal jy vir my ‘nr hartklop word
en die bron van my bly-wees
Nog een keer..
(KOOR)

1 comment:

Alysia said...

Dis die mooiste woorde! Waar kan ek die musiek kry, sou dit so graag wou sing... Alysia Prinsloo prinsloo.alysia@gmail.com