Thursday, November 6, 2008

LASLAPLIEFDE


Jy is die laaste donker voor die son
In jou draai die somer soos n kind alom
Jy gooi die kleure van die reenboog saam
In jou le die helder van n donker maan
Jy laat die asem van die wind verdwaal
dis jy wat die koue uit die winter kom haal..

Want dis jy wat glo in ou verhale
vol geheime en soms sonder grense
dis jy wat in my glo
Jy kom haal die een uit eensaamheid
vol verstaan kom weef jy stitweg aan ons twee.

Jy kan my dooie drome stil bewaar
dis jy wat my laslapliefde so aanvaar
Jy ken die woorde van my stilbly-taal
en jy leen vergifnis vir my duisend maal
Jy kan nog gister in my oud-word sien
dis net jy wat die wreedheid van die tyd kan
dien...

Want dis jy wat glo in ou verhale
vol geheime en soms sonder grense
dis jy wat in my glo
Jy kom haal die een uit eensaamheid
vol verstaan kom weef jy stitweg aan ons twee.

1 comment:

Alysia said...

Ag en die een is net so mooi! Ek soek hierdie een se musiek ook, asb! Veral omdat ek regtig 'n laslapper is.... prinsloo.alysia@gmail.com